‘n Loopbaan In Die Perde Industrie
Die beste manier om te leer oor ‘n onderwerp is om daarin te leef. By Plettenberg Equestrian Academy ervaar die studente elke oomblik daarvan. Van die oomblik af wat hulle arriveer, word hulle blootgestel aan elke aspek, soos byvoorbeeld die perd self en die bestuuring rondom hulle.
Oorspronklik gestig as ‘n Nooitgedachter Stoet, het die Stevens gesin ‘n geleentheid gesien om terug te gee vir die perde gemeenskap deur ‘n Akademie te begin vir entosiastiese perde kenner.
Die Akademie bied die voorbereiding van die “South African National Equestrian Federation (SANEF)” Modules 1 – 6 aan, waarvan Module 6 die nuutste is. Die fasiliteite vier vanjaar hulle 7de bestaans jaar sedert 2004. Tydens die loop van die 10 maande vorm die teelprogram, stalbestuur sowel as die kompetisie deel van die student se praktika . Die studente neem deel in Skouspring, Dresseer, ‘Showing’ en selfs Polocrosse.
Ons verkies dat die studente op die plaas bly, sodat hulle alle aspekte kan ervaar van ‘n werkende stoetplaas en die industrie, soos byvoorbeeld hings hantering, kolieke, aborsies en ‘Placenta Previa”. Dit is moeilik maar belonend.
Van die studente wat altyd onder hulle ouers se vlerk was, ervaar die lewe heeltemal anders hier. Hulle word uit hulle gemak sones gehaal en saam met 15 ander studente geplaas. Dus leer die studente nie net van Perde nie maar ook van mense verhoudings en kommunikasie, dat die perde industrie nie net met perde te doen het nie maar ook met mense.
Die 15 studente word in kleiner groepe van 5 elk ingedeel, en elke persoon in die groep kry die geleentheid om in ‘n bestuurs-rol te wees. Party vind dit baie maklik en ander het net so ‘n hupstootjie nodig om die leier in hulle wakker te maak en beheer te neem van sekere situasies.
‘n Normale dag bestaan uit ‘n vroe oggend stal skoonmaak sessie, ‘n welverdiende ontbyt voordat die rylesse begin. Later deur die dag is daar lesings, met middagete wat volg, waarna die res van die middag spandeer word aan die praktiese toepassing van die teorie, soos byvoorbeeld, verbande of lonsering, sowel as perde voer en versorg en studietyd.
In die perde industrie is daar altyd iets nuuts om te leer, dus maak ons ‘n punt daarvan om ons studente uit te stuur na ander fasiliteite sodat hulle kan ervaar hoe dinge daar verloop. Uiteindelik streef ons daarna dat ons studente alle aspekte te dek sodat ons ons studente met ‘n geruste hart kan uitstuur in die werksplek met die nodige kennis en ervaring om ‘n sukses van hulle loopbaan te kan maak.




